27 MEI 2019

Winter is met ons! En ek vermoed hy is hier om te bly.

Baie water in die see geloop sedert ons laas gesels het.

Nampo was gewees. Duisende mense het ons gebied besoek en so is alles en almal weer terug en ek glo daar word alreeds aan 2020 sin beplan.

Overvaal Stereo het gaan kuier by die Oesfees Mark – waar Dillon Lerm ook opgetree het. Dit was ‘n aangename kuier gewees. Ons sal kyk om dalk volgende jaar van daar af uit te saai.

Dit is jammer dat daar soveel botsings was oor die Nampo tyd!

Overvaal Stereo was ook by die FNB Classic Clashes wat aangebied is by Klerksdorp Hoërskool (video elders op die blad). Geluk met julle wen!

John Dory’s Klerksdorp het ons kom verras met ‘n “Lunch Bash”. Dankie vir die lekker bederf.

Andersins gaan dit goed by ons. Genade is in oorvloed.

Sluit gerus ook aan by ons facebookblad.  Daar word daagliks iets gedeel en almal word op hoogte gehou van wat by ons aan gaan –  ook op die nuusfront.

Plattelanders – die radio drama het ook by ons begin draai. Dankie Maroela Media!

Ons bede is ook by die twee jong mense, Johanco Fleischman (19) en sy vriendin, Jess Kuhn (23), wat wreedaardig vermoor is na hulle bakkie sonder brandstof geraak het.

Dit het my en ek is seker vir baie ander weer die vraag laat vra, wat is die mens?

Ons sê so maklik mense op die plase is nie meer veilig nie dan gebeur hierdie en ons besef – ons is nêrens meer veilig nie. Hoe ook al, hierdie het SA wèèr geruk!

Genadiglik kan ons nog vir mekaar bid.

Weereens – sterkte aan elke een wat swaarkry na die.

Geseënde week, ons praat weer as ek inloer.

Lekker luister.