3 Julie 2019

Die winter het nou mooi toegesak hier in die Vrystaat!

Hallo julle. Welkom. Ons hardloop maar en tyd vir skryf is min.

Ons vat hier en daar grond, maar dit is die lekker van radio.

Gaste en kunstenaars kom kuier. Hulle kom vertel en bring nuwe produkte – die mark staan bont hoor.

En so het daar nog ‘n groot gees, Paul Eillers ook afgester. Die kunste het hier groot verloor. Die man was een van die bestes. Mens sal hom om verskeie redes onthou. Sterkte aan sy familie.

Ons oorweeg ‘n tee hier in ons dorp – sal julle op hoogte hou.

Ons het bietjie aan ons kombuis begin verander. Ek is al 14 jaar by die stasie en hy was 14 jaar dieselfde. So ons maak mooi.

Personeel word maar siek, maar ons almal staan in en help mekaar. Dit is nou maar die ding van winter.

Een van ons getroue luisteraars daar van die begin af, 26 jaar gelede het afgesterf. Tannie Tossie soos ons haar geken het. Haar stem sal ook op die lug gemis word.

Dankie vir die inloer.
Kry ons toep vir jou selfoon – en luister altyd saam net daar waar jy is.

Mooi loop!
Groete uit die kantoor.

Ignaz