12 Augustus 2019

Hallo daar.

Lekker besige tyd agter die rug hier by ons.

Ons het gaan kuier by die premiere van ANDER MENS. Wat ‘n lekker film! Afrikaans. Goeie werk. Hy begin 23 Augustus 2019 in die teaters. Gaan kyk hom en geniet die goeie werk. Die skote daar uit die Kaap is asemrowend.

Die film het my verwagtinge heeltemal oortref. Dit is anders as die ander. Ek haal my hoed af vir die akteurs en die hele span. As ek ‘n punt moes gee kry ANDER MENS 10/10.

Kyk gerus die video (elders op die blad).

Dankie aan Starburst Promotions vir die uitnodiging.

Heerlik met Martin Lane en Germandt Geldenhuys van Binnelandersfaam ook gesels.

Via se program – STER STATUS het ‘n nuwe wenner. Overvaal was daar en het videos saam terug gebring.

Ons het ook lekker gesels met Lydia Winchester.

Ons geniet ons werk, al is die ry baie. Dit gee mens die geleentheid om al die dinge eerstehands te ervaar.

Ons is op ‘n drafstap hier by Overvaal – maar ons draf lekker.

Dankie vir die inloer.

Mooi bly.

Groete.