5 September 2019

Ek soek soms na my hoof want Audrey byt gereeld my kop af oor hierdie skrywes.

Ons vat nie grond nie!

Hallo en welkom…

Ek is vandag herinner ek het ‘n hele maand laas met julle gepraat!

Daar het ‘n see vol dinge in hierdie tyd gebeur.

Die NG Welsyn tee was gewees (Fotos elders). Dit was heerlik en ons is tot op die been bederf saam met die hoof kunstenaar – Elandrè.

 

Ons het gaan oë wys toe Demi-Lee Moore in Klerksdorp was. Jaco was daar.

Ons maak onderhoude vas vir Aardklop en die lys groei ongelooflik vinnig. Daar is GROOT name op ons lys. Ek praat van mense soos Sandra Prinsloo en nog baie ander.

Ons sien vreeslik uit om te gaan klop. 24 – 28 September 2019, Potchefstroom.

Ons het gaan saam kuier by die AP Kerk in Viljoenskroon met hulle basaar.

Jessie en Martin was by Lost-Treasure in Stilfontein met ‘n heerlike basaar en ons was by die soektog na die heel eerste Mev. Kosh wat gereël was deur Zee Dyson.

Daar is ‘n groot dankie Steve konsert in Pretoria en Overvaal Stereo is oppad soontoe.

Ons hou Golfdag in Parys saam Ray Dyllon.

Saterdag is ons by die blooddrive in Klerksdorp.

Ons gaan ‘n draai maak by die blanke plakkerskampe in Pretoria oor die naweek.

Ons dagboek is vol. Maar ons is ongelooflik dankbaar dat Overvaal Stereo se pas so stram kan wees. Ons is geseënd! Dankie Hemelse Vader.

Ons facebook bladsy het die 60 000 kerf verby gesteek. Dankie vir alles en almal wat daar saam kuier. Lekker Afrikaanse “bek plek”.

 

Nuwe musiek stroom in stasie toe. Dis lekker, want ons het dan ook iets nuuts om op die speellys te plaas!

Ons hou Elvis, die Overvaal produksie oggend op 23 November 2019. Tafel besprekings is oop by ons kantoor. Ons sien uit! Touch of Class kom saam kuier.

Alles wat mooi is. Ons praat gou weer! Dankie vir die besoek hier. Dankie vir die saam lees en deel wees van wat ons doen by Overvaal Stereo 96.1fm.

Julle gee ons vlerke om te vlieg!

Ons het ook ‘n R5000 donasie van OppiGoudkoppi fees gekry. Ons voorsitter Mr. Johan van der Merwe het dit namens Overvaal Stereo in ontvangs geneem. Dankie aan die organiseerders.

Ons reis steeds met die komplimente van Oranje Toyota – Klerksdorp. Ons dank is groot ook aan hulle. Ons nuwe wiele vir nou lyk so…

SA het die laaste week behoorlik gebrand. Mens staan in ongeloof en bekyk die saak. Kan die wat moet nog hulle hand hou op wet en orde? Is ons nog in staat daarna toe?

 

Ons is dankbaar Amy-Lee de Jager is veilig. Ons is met haar ouers in kontak. Tans gaan dit goed onder die omstadighede.

Ons dink aan die eggenote van een van ons vryskut omroepers Hanlie van Jaarsveld. Pieter was baie siek en het stelselmatig herstel maar het ‘n terugslag ervaar. Dink saam ons in julle gebede aan hulle asseblief.

Groete uit die kantoor.

Ignaz Streicher