19 September 2019

Hallo uit ons kantoor.
Glo dit gaan voor die wind met die somer wat op hande is?

Ons is soos julle kan dink, gepak en oppad, want die aarde klop hier om ons vir Aardklop.

Ons span het waarlik die ellende beleef. Kort na ons besoek was van die kinders van die Sonskynhoekie kamp ook nog in ‘n ernstige motorongeluk. Ons gaan in Oktober uitreik na hulle toe.

Overvaal se span was deel van ‘n oggend waar Lance James en Maritza vir twee tehuise gaan sing het in Klerksdorp. Ons het heerlik saam gekuier. Die seniors het dit vreeslik geniet.

Rudi Claase en Angel de Lange het ons genooi vir die heel eerste Country Koors konsert by Silver Star Casino. Dit was ‘n ander lekker konsert! (video elders).

Die hele Amy’Leigh saak dek ons breedvoering op ons facebook blad. Ons is in kontak met haar ouers.

Talle kunstenaars kom kuier by ons.  Mees onlangste was Robbie Wessels wat oor sy nuwe album kom gesels het.

Ons sal al die Aardklop fotos volgende week met julle kom deel.  Ons deel dit sommer op ons voorblad ook, dat julle lekker kan saam fees.

Dit was ‘n groot voorreg om as Ambassadeur vir die laaste wêreld toer van BZN aangewys te word deur iTickets Suid-Afrika.  Dit is vir hulle Suid-Afrikaanse deel van die toer.  Dankie Overvaal Stereo natuurlik.

Ons was ook Pretoria toe, waar die FAK vir Steve Hofmeyr vereer het.  Lekker daar saam gekuier. Ook vir Pieter Smit daar raak geloop.

Geniet die naweek.

Alles van die beste en maak ‘n draai by Aardklop – die sukses en voortbestaan van hierdie tipe feeste is in ons hande deur ondersteuning.

Groete.

Ignaz