3 OKTOBER 2019

Aardklop 2019 was ook gewees!

Hallo julle. Welkom by nog ‘n skrywe uit die kantoor.

Ons het gaan klop soos al die ander jare by Aardklop 2019 soos julle sou sien en hoor.

Dit is immers een van die grootste kunstefeeste in ons gebied en daarom is ons altyd betrokke.

Die fees was heerlik. Hard gewerk, maar ons het elke oomblik natuurlik ook geniet.

Overvaal Stereo het meer as 100 onderhoude gedoen tydens die fees. Tyd vir stil sit, was daar nie.

Dit is lekker om met die legendes te gesels, maar dit is altyd lekker om ook met die nuwe gesiggies te praat en hulle beter te leer ken.

Ons kry jaarliks die kans om met die akteurs te gesels wat nie andersins by ons sal uitkom nie.

Die jaar was geen uitsondering nie. Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Elna Potgieter, Gavin van den Berg en vele meer was deel van ons onderhoude.

 

Die personeel het behoorlik bont gestaan. Dankie aan die wonderlike span.

Sonder borge kan ons ook nie. Aan elke borg, dankie!

Ons sit-hoekie het heerlik gewerk en die mense het lekker gesit en luister. Sien volgende jaar weer.

BZN is oppad SA toe volgende naweek. Hoop jy het al jou kaartjies gekry! Kaartjies is by iTickets.co.zabeskikbaar. Kom groet hulle vir oulaas saam met ons.

Die uitreik na Sonskynhoekie blanke plakkerskamp in Pretoria is op dreef.   Kry meer info op ons facebook blad.

Ons Elvis oggend is ook op hande op 23 November.

Die jaar snel verby! Waar het 2019 met ons heen geloop?

Ons het ook ‘n splinternuwe borg voertuig – dankie aan Cargo Motors Klerksdorp!

Dankie vir die inloer.

Lekker bly en lekker luister!

Groete uit die kantoor.

Ig