6 NOVEMBER 2019

Goeie dag uit die Overvaal Stereo kantoor.

Ons het lanklaas gepraat, maar dit sê nie daar het so min gebeur dat ek niks gehad het om oor te praat nie!

Daar was soveel dinge dat ek vanmore nie eers seker is waar ons moet begin nie.

Daar was natuurlik BZN se optrede hier in Suid Afrika en ons het gaan saam kuier.

Ek en Jaco was MC’s vir die geleentheid en die voorreg was groot om as Ambassadeur vir die laaste optrede te kon optree. Dankie aan iTickets wat die vertroue in ons gehad.

Ons het orals gaan kuier!

Buiteuitsendings was in oorvloed. Dit hou ons stasie staande.

Een van die lekkerste kuiers was onder andere by NG Kerk Elandia, Klerksdorp. Ek het al gasvryheid ervaar maar hierdie gemeente het my en die span se voete onder ons uitgeslaan! Dankie vir al die bederf. Ons het heerlik gekuier en julle pryse was ongelooflik goedkoop, dit is waaroor ‘n basaar gaan!

Ons het ook die bokke ondersteun, sommer so by die basaar. Die hele SA was trots. Ek sal die gees in die strate nooit vergeet nie. Dit was ‘n wow oomblik toe ons almal begin besef , die Web Ellis beker kom terug huis toe.

Ons het gaan oë wys by die Cansa Relay for life in Klerksdorp. Ons hou daarvan om gebeure in ons gemeenskap te ondersteun. Wat ‘n voorreg.

Ons beplan klip hard aan die Overvaal produksie wat op hande is en ons sien uit na die kuier. 23 November, kry jou kaartjies by ons kantoor. Dankie aan elke een wat reeds kaartjies gekoop het.

Ons beplan ook rèèds weer aan ons eie liggietuin die jaar. Ons wil meer mense in ons dorp betrek.

Abraham Kriel kinderhuis se liggies sal ook weer flits, hulle het een lekker program aanmekaar gesit. Ons sal wel een aand daar gaan saam kuier en vir julle kom vertel.

Geniet jou week.

Lekker luister na Jou klank, Jou keuse.

Groete uit die kantoor.