4 DESEMBER 2019

Goeie dag uit die kantoor.

‘n Hele nuwe maand is met ons, maar dit is die maand van snel. Hy snel by ons verby!

Ons tee was ‘n groot lekker en is ook iets van die verlede

170 mense het saam kom kuier en Touch of Class het ons Elvis oggend kom inkleur.

Die personeel was deel van die produksie! Nie net met die gereed maak daarvoor nie maar, op die verhoog ook.

Dankbaar vir die mooi oggend wat ons kon aanbied.

Kuier gaste kom kuier. Almal wil voor die groot vakansie hulle produkte en cd’s kom bemark. Dis goed so.

Overvaal Stereo se liggie tuin is in wording. Dankie aan Martin Havenga wat aan stuur van sake staan hiermee. Mense van die dorp bel al om te hoor – gaan die liggies brand.

Onweer en reen hou ons bietjie terug, maar ons wag geduldig en is dankbaar vir die reën.

16 Desember is Geloftedag en by Overvaal vier ons dit steeds. Jy hoor by ons op die lug van al die feeste waar jy kan gaan aansluit. Stuur julle inligting. Ons saai dit gratis vir julle uit.

Ek hoop om voor Kersfees nog ‘n laaste skrywe in te werk, so vir eers gaan ek net sê – sterkte met die laaste dinge wat voor dan gedoen moet word.

Geluk aan almal wat rapporte gekry het en wat deur is. Die wat dit nie gemaak het nie – gelukkig bied die lewe ons weer probeer!

Ons het net so heerlik gekuier by die heel eerste Nampo Park kers en geskenke mark. Drie dae lank. Dit was heerlik. Dankie dat ons genooi was.

Groete uit die kantoor.

Ignaz