6 FEBRUARIE 2020

Ek kan nie meer vir julle sê voorspoed vir 2020 nie! Dit is te laat!

Hallo vanuit die kantoor hier by Overvaal Stereo 96.1fm.

2020 is hier en hy snel reeds.

Ons draf saam by Overvaal Stereo.

Manie Jackson is intussen getroud. Overvaal Stereo was daar. Geluk Manie en Christelle.

Overvaal sal ons eie fotos volgende week plaas.

Die Legendes van Afrikaans is vereer in Pretoria. Ons was daar ook gewees.

Kom ons vat die maand van liefde vas en geniet hom.

Lance James is steeds in die hospitaal. Ons berig gereeld op ons Facebook blad daaroor. Hou hom in julle gebede.

Een van ons Adverteerders , Jaco Fourie van GWM en Havaal in Klerksdorp het sy stryd teen kanker verloor. Ons dink aan sy vrou en kinders en almal by die Agenbag groep.

Ek sal nou weer gereeld kom skryf. Daar is nie nou meer plek of tyd om te sê die feestyd laat my nie toe nie.

Lekker luister! Mooi loop.