Afrisaamfees 2019

Overvaal Stereo was genooi om onderhoude te gaan doen vanaf die AfrisaamFees 2019 in Springs.

Daar was behoorlike name op die lys van kunstenaars wat opgetree het.

Die fees is deur duisende mense ondersteun en selfs toe die kwik begin daal het die see van mense bly sit om hulle gunsteling kunstenaar in aksie te sien.

Dankie aan The Marketing Zoo vir die nooi en die perfekte reëlings wat in plek was vir ons besoek.

Hier is 'n paar fotos , maar kyk ook gerus na die videos elders op ons webblad.