Buite-uitsendings

Overvaal Stereo beskik oor 'n toegeruste buite-uitsendingseenheid, wat gereeld promosies vanaf besighede, feeste en byeenkomste doen. Veral besighede maak gereeld van hierdie buite-uitsendings vanaf hulle persele gebruik, omdat dit praatjies oor hulle produkte, dienste en besigheid insluit. Gesels met een van ons bemarkers en ons sal saam werk om van jou dag ‘n sukses te maak.

‘n Normale dag se uitsending is vir 4 ure met telefoniese oorskakelings elke uur na die ateljee om luisteraars op hoogte te bring van jou aanbiedinge en ook onderhoude te hê met eienaars/organiseerders en selfs kliënte.

Indien jy jou geleentheid aan ons luisteraars wil bekend stel, kan jy gerus ‘n buite-uitsending bespreek.