Chereé kom kuier 

CHEREÉ HET VIR ONS KOM HALLO SÊ...

Met Chereé se nuutste album kan mens mos nou nie anders as om haar in die ateljee te kry nie.

Arme Jaco was so op sy senuwees, hy het sy naels mors af begin byt!

Toe stap hierdie mooi vrou in en sy is nes ek en jy. Haar passie vir musiek straal behoorlik uit haar uit. Dit is voorwaar ‘n voorreg om jou weer te kon sien.

Sterkte met jou nuwe album, ons weet hy gaan goed doen.