Danny Smoke

Danny Smoke het by ons in die Ateljee kom kuier vandag om 10:15.

Hy het met Jaco de Waal kom gesels oor sy nuwe enkelsnit “Gaan ons inlê”.

Hy is van kleins af besig met sy musiek loopbaan waar sy hele familie musikaal is.

GAAN ONS INLÊ se musiekvideo volg op die vrystelling van Soek Jy Aandag Of Soek Jy My Lyf?, waar die verhaal begin, en T-Shirt, wat die passievolle en romantiese kant van hulle groeiende verhouding uitbeeld en nóú kan almal uiteindelik sien hoe die storie eindig.

Danny, wat oorspronklik bekendheid verwerf het vir sy merkwaardige kitaarspel en musiekvervaardigingsvaardighede, het die afgelope jaar hard gewerk om homself as solo-kunstenaar te vestig en het in Desember die voorreg gehad om deel te wees van die Hartenbos In Afrikaans-musiekfees.

Hy is energiek en is mal daaroor om lewendig op te tree om die verhoog.

Mag hy nog baie energie uitstraal en dit uitleef vir dit wat hy nog alles wil beryk.