Gert Koevert kom vermaak ons in die ateljee

Toe ons die nuus kry dat Gert Koevert die 7de Maart 2019 by ons kom kuier,
was almal in rep en roer.

Jaco het nagte wakker gelê en bekommer oor die onderhoud met die Ghoema genomineerde sanger.
Raai wat! Gert is die mees mense mens wat daar is. Met die hand groet? Nee nee, jy word gegroet met ‘n drukkie. Dadelik voel jy soos ou vriende wat vir die eerste keer in jare weer ontmoet.

Voor hy in sy kar spring en jaag na die volgende radio stasie vir die volgende onderhoud, word daar op die gewilde muur geskryf.

Dankie Gert, kom kuier gou weer.