Jacobus Silwer kom draai so saam die reën

“Genade maar dit reёn lekker!” So sê Jacobus so sommer met die intrap slag.

Alani het beslis nie oordryf toe sy getik het dat die man, wat afkomstig is van Bloemfontein, vreeslik positief is nie. Sy positiewiteit is aansteeklik!

Jacobus se moeder, vrou en 7 maande oue baba dogtertjie was daar vir ondersteuning.

Natuurlik kon ons nie totsiens sê voor daar nie kiekies geneem is en daar op die muur geteken is nie.