Joey Lane kuier by ons

Joey Lane het bietjie kom inloer by Overvaal Stereo na haar kuier by ons dorp se plaaslike tehuis vir bejaardes.

Joey het al ses cd's in die kan en ons het heerlik gesels.

Joey sing al jare en soms kyk ons hierdie kunstenaars se liefde en passie vir musiek mis. Maar Overvaal Stereo ondersteun hulle graag.

Ons het sommer so om die koffie bekers saam gekuier.

Hier is 'n paar foto's wat geneem is tydens haar besoek.

Joey het Tien jaar terug by die Randlespark fees in Klerksdorp opgetree saam met Lance James.

Voorspoed Joey!