Maroela Media hou seminaar

Overvaal Stereo se Ignaz en Jaco vergesel deur 'n jongman wat by ons leer oor radiowese, het die jaarlikse seminaar bekend as Klankgolf in Rawsonville, Kaapstad gaan bywoon.

Daar was oor die 100 mense uit die radiowese. En daar is geleer, ge-netwerk en bymekaar geput.

Marietha Kruger was weer almal se gunsteling met haar manier van aanbied en van voortou neem as dit kom by die radio-gesiggies leer.

Gemeenskapsradio maak 'n groot verskil daar buite, al werk van hierdie stasies soms onder moeilike omstandighede.

Namens Overvaal Stereo en elke ander stasie wat elke jaar baat by wat Maroela Media hier aanbied bedank ons hulle. Dankie dat julle ook in elke persoon, wat bywoon, belê!

Daar was talle sprekers en die hele spektrum van radio is aangeraak.

Almal het tuis gegaan by Gaudini Spa. Die verblyf was wonderlik en die Maroela span het waarlik aan alles gedink.

Ons personeel het met 'n tas vol radio kennis terug gekom en die res van die span wat die fort moes hou kom leer wat hulle geleer het.

Die kort en die lank - moet nie jou gemeenskapsstasie mis kyk nie, dit is juis hulle wat waarlik in jou gemeenskap vir die gemeenskap gaan werk.

Ons span het 'n paar fotos terug gebring vir julle.

Die seminaar was eers iets van die verlede toe elke gas 'n netjies verpakte padkos pakkie gekry het gevul met 'n lekker boepensbroodjie en ander lekernye.