Kokkeroux stap Kaap toe

Overvaal Stereo stap saam...

Leroux van Kokkedoor faam wat as naaswenner weggestap het, het besluit hy stap Kaap toe vir Driehoek slagoffers en ander instansies wat later bekend gemaak sal word.

Hy het Saterdag 6 April weggetrek uit Vanderbijlpark na Parys en die Overvaal Stereo span het saam gestap.

Die 47 kilometers was met lag, huil, sing, dans, gesels en emosie gevul.

Daarna het Leroux van Parys tot in Viljoenskroon gestap waar die stasie ons laaste onderhoud met hom gehad het. Hy het Maandag oggend 7 uur vertrek na Bothaville. Die dorpe wat hy in die volgende 38 dae gaan besoek lyk soos volg...

Ignaz en Jaco het die hele 47 kilometer saam Leroux en die res van die span gestap. Die hoofmeisie van Driehoek het behoorlik die gees aan die gang gehou! Daar was ook twee ander leerders van die skool wat hard getref is deur die brug tragedie 1 Februarie vanjaar.

Kyk uit vir Leroux. Ondersteun hom! Ons plaas ook Ruan se nommer as julle meer oor hierdie projek wil weet of hom wil ondersteun.

Dankie aan Anri wat ons saam genooi het van die Go Purple Foundation. Dankie vir die lekker sop en koffie toe die die Overvaal Stereo span Vrydagaand aangekom het!

Indien julle vir Lerouxsien, stop by hom, toet vir hom, laai water of koeldrank af en ondersteun hierdie mooi projek met 'n donasie!
Hier is van die fotos wat Saterdag oppad geneem is.

Overvaal Stereo het musiek gemaak langs die pad.

Die span het koud gekry, die son het ons gebrand en ons het nat gereën, maar dit alles was die moeite werd!

Geniet die foto beeld....