Koop 'n Liedjie Projek

 Het jy HOOGTEVREES?
Of soek jy ‘n NAWEEKLYFIE?
Hou jy van GESKEURDE JEANS
of wil jy graag PAMPOEN hê?
of dalk maak KAALVOET SOKKIE jou opgewonde?

Vir bykans 24 jaar bring Overvaal Stereo Afrikaanse musiek na jou. Van die Briels tot die Heuwels Fantasties… Nou gee ons jou die kans om jou gunsteling liedjie by ons te koop. Met hierdie projek wil ons 1000 Afrikaanse liedjie titels teen R100 elk verkoop. Sodra die 1000 titels verkoop is sal die projek afgehandel wees en sal die name van die titels en kopers by ons ateljee aangebring word. Ondersteun Overvaal Stereo as gemeenskapsradio en help ons om Afrikaanse musiek op die lug te hou.

‘n Liedjie sal as verkoop beskou word sodra ons die geld ontvang het.

Betalings kan direk in ons rekening betaal word by FNB Viljoenskroon, Tjekrekening 6200 1415 919.

Gebruik die liedjie se titel as verwysing wanneer jy inbetaal of jou naam indien dit meer as een liedjie is.