Krone 6 bars uit sy nate...

Krone 6 het na genoeg 30 duisend mense gelok na die 2019 produksie wat in die Kaap en in Pretoria aangebied is.

Overvaal Stereo 96.1fm is genooi deur Select musiek om te gaan saam kuier.

Dit was met die laaste konsert in Pretoria. En was die vertoning aansteeklik. Die duisende mense, die verhoog, die kunstenaars en alles wat daarmee saam gekom het.

Anton Goosen se teenwoordigheid het gesorg vir 'n vir altyd onthou oomblik. Hy is vereer vir sy bydrae van 40 jaar! Dit was uiters spesiaal.

Daar is videos wat Ignaz gemaak het  vir Overvaal elders op ons blad.

Baie geluk aan almal wat deel was van die grote.

Ons sien julle verseker weer by Krone 7.

Die mooiste oomblik wat ons ervaar het was toe ons die voorreg gehad het om agter die verhoog te aanskou hoe die room vam die afrikaanse musiekbedryf voor die vertoning buite bymekaar kom en hande neem om saam te bid voor hulle vertoning. Dit was 'n oomblik wat ons  nie gou sal vergeet nie!

Hier is 'n paar fotos wat geneem is deur die Krone fotograaf en ook deur Elizma Theron wat op facebook geplaas is.