Lance James

LANCE VAT RAAK OP 80...

Overvaal Stereo 96.1fm was genooi na die bekendstelling van Lance James se nuwe album SwanSong in Johannesburg.

Ignaz het dit gaan bywoon. Onder van die gaste was mense soos Bobby Louw, Nianell, Lydia Winchester, Martin Lane en Tobi Jooste.

Lance het saam sy skoonseun 'n hele nuwe styl probeer en nie net probeer nie maar toe ook reg gekry!

Kyk uit vir SwanSong hy is nou orals beskikbaar.

Lance het op een van die joernaliste se vraag of dit sy laaste album is gesê - wel , ons werk rèèds aan Volume 2! Die gaste het geskater van die lag , want dit is hoe ons Lance James ken!

Lance het selfs een van Metallica opgeneem! Glo dit of nie.

Een van die treffers op die album is een saam Nianell en haar stem werk maak van haar SA se eie Dolly Parton.

Welgedaan aan Lance en sy span!

Dankie dat Overvaal kon deel in die lekker van nuwe dinge. Ons is trots op jou. Soos goeie wyn word Lance James net beter en beter soos die jare stap!