Louis Geldenhuys

Louis Geldenhuys se eerste enkelsnit, Harte in die Lug, is onlangs vrygestel en is baie hartlik deur die publiek ontvang.

Nou is dié talentvolle ster terug in die kollig met sy debuut-album, met dieselfde naam, wat beloof om nuwe woema in die Suid-Afrikaanse Country-popgenre te blaas.

HARTE IN DIE LUG stel nie net die sanger se unieke stem en styl ten toon nie, maar is ook die begin van ’n splinternuwe hoofstuk van Louis Geldenhuys se musiekloopbaan... en Suid-Afrika gaan beslis nog baie van hierdie ster hoor.