Môrester Basaar weghol sukses

Overvaal Stereo kuier jaarliks by die Herv. Kerk Môrester in Klerksdorp as hulle basaar hou. En 2019 was weer 'n buffer jaar vir hulle.!

Die Vrydag was hulle sommer vroegdag al uit verkoop. Mense het waarlik ondersteun en die dag het goed verloop.

Die Saterdag was niks anders nie. Die stalletjies het behoorlik bont gestaan. Daar is bykans 700 bakkie pap en kaiings verkoop, vêr oor die 3000 pannekoeke en teen Een uur was hulle uitverkoop!

Dankie aan elke luisteraar wat hulle so ondersteun het.

Dit is nie 'n gewone basaar die nie - die kerk maak seker daar is iets van alles en daarom kom kuier die mense so lekker saam.

Hier is 'n paar foto's wat oor die twee dae geneem is.