NETPRET

Netpret is spesiaal vir Overvaal saamgestel deur GSD Potch.

Die program is vir ons luisteraars om tegnologie beter te verstaan en al die nuwe en interessanthede wat daar is van kennis te dra.

John Cloete van GSD Potch bied vir ons Netpret aan en ons nooi ons luisteraars hartlik uit om vrae oor tegnologie vir hom te stuur na Netpret@overvaalstereo.co.za of voltooi die onderstaande vorm en dit sal GSD bereik.

U kan GSD ook kontak telefonies by +27 18 294 4882

Die vrae sal dan oor die lug beantwoord elke Maandag tussen 12h15 en 12h30, As ons nie self kan antwoord nie sal ons kundiges kry wat help met u vrae.

Ons sal vir u belangrike skakels en inligting op die blad plaas dat u maklik toegang kan kry tot sekere onderwerpe wat bespreek word.

U besonderhede

Hoe kan ons u kontak?.


Boodskap

Gee asb so veel as moontlik inligting waaroor u wil he ons moet gesels.


11 Februarie - 4 Maart 2019


Bitcoin 101

Ons praat 4 weke ook die toekoms en geleenthede van Bitcoin. Dit het beslis nie uitgesterf nie!

Kontak vir Bennie van den Berg by 079 512 3602 of bennie@changinglives101.co.za

 


 

22 Oktober 2018

Wat is W-Spel:Algemene inligting oor WSpel:

WSpel sal die meeste woorde wat in ’n gewone woordeboek voorkom onmiddellik saamvoeg as u dit as twee of drie woorde tik: Voorbeelde is bank rekening, koelte boom, melk tert, yster pot deksel, bindvlies ontsteking. Sal sekere woorde weer skei as u dit as een woord tik. Sal veral anglisistiese woorde en frases en swak Afrikaans onmiddellik vervang met die korrekte Afrikaanse woord of frase. Baie grammatikale hulp word verskaf.

WSpel ken die onderskeid tussen baie sinsnedes waarin u bleik/blyk, grote/grootte, reik/ryk, reis/rys, steil/styl, pyl/peil, feil/vyl, wei/wy, verassing /verrassing, verrys, verys en vereis gebruik. Ook die verskil tussen die betreklike vnw.wat en besitlike vnw. wie. Sal die ge- voor werkwoorde soos gebesef, geherhaal, geerken, geontken en geverstaan, outomaties verwyder.

Dit sal veral vir andertaliges van groot hulp wees. Let wel. Werkwoorde soos herberg en herkou kry wel ’n ge- voor om die verlede tyd aan te dui.

LAAI DIT VANDAG AF HIER>> https://wspel.wordpress.com/laai-wspel-af/


 

8 Oktober 2018

Blender School

Vandag het ons gesels met Stefan van der Vyver van Kaapstad. Hy besit die 3D Animasie skool Blender School. Stefan het ongelooflike kursusse wat hy aanbied om die prorgam Blender te gebruik wat baie kragtig is met 3D animasies.Kontak Stefan by http://www.blenderschool.com of epos hom by info@blenderschool.com

Laat die sagteware hier af - https://www.blender.org/

 


 

27 Augustus 2018

Noordveiligheids Ekspo

Ons gemeenskap word geteister deur ’n vlaag van geweld. “Wat doen ek?” is op almal se lippe. Die Hervormde gemeente, Potchefstroom-Noord, poog om met die Veiligheid beraad- en Sekuriteit Ekspo die vraag te beantwoord. In samewerking met StratTech, ’n sekuriteit-tegnologiese maatskappy, wil ons jou in staat stel om jou, jou familie, jou eiendom en besigheid te beveilig. In die onderhandelings met StratTech het ons besef dat ons ook moontlikhede vir die landelike eienaar en skole kan bied.

Sien meer by - http://www.noordveiligheidekspo.co.za/

 


 

9-23 April 2018

Internet Learning

Ons praat vir 3 weke oor INTERNET LEARNING.

Gerrie Schoeman gee vir ons meer inligting oor ekstra winskunde klasse aanlyn vir leerders van graad 4 tot graad 12:

http://internetlearning.co.za/

 


 

12 Februarie 2018

Quad Selfies Drones

Ons praat vandag oor Quad Selfies Drones. Kry meer pryse oor die ongelooflikke vliegtuigies by:

http://quadcopter.co.za/
www.droneworld.co.za

Kyk hieronder hoe ongelooflik is die Brom Vliegtuigies in aksie (Top 5) en onder dit die top 5 goedkoopste Brom vliegtuigies Video...


 

28 Januarie 2018

EaseUs

Ons praat vandag oor hoe om data wat verlore gegaan het op jou foon weet terug te kry. Kry vandag die GRATIS program - https://www.easeus.com

Rugsteun Programme:

Samsung - http://www.samsung.com/za/support/smartswitch/
Sony - https://support.sonymobile.com/global-en/software/
Apple / Iphone - https://www.iskysoft.us/

Hoe om n Google Account op jou foon op te stel om rugsteun te doen:


 

2-16 Oktober

Bitcoin

Ons praat met Bennie van den Berg en Johan Steyn oor die geld eenheid - BITCOIN.... Kontak Bennie van den Berg van BITCOIN 101 vir n GRATIS konsulatsie by u huis of kantoor in die Overvaal uitsaai gebied by:

Cell: 079 512 3602
Email: bennie@bitcoin101.co.za
Website: www.bitcoin101.co.za
Wat is dit so kortliks:

‘n Eenvoudige manier om die stelsel te verstaan is om dit te vergelyk met die ou tyd toe iemand vir hom ‘n stukkie grond kon gaan uitmerk waarop hy vir sy eie rekening diamante kon delf. Die “mynveld” in hierdie geval is die oopstelling van 21-miljoen Bitcoins wat in 2009 beskikbaar gestel was om gedelf te word.

Bitcoin kan beskryf word as ‘n oop bron, gebruiker-tot-gebruiker, betalingsnetwerk en digitale geldeenheid wat in 2009 bekend gestel is deur ‘n persoon/instansie onder die skuilnaam “Satoshi Nakamoto. Bitcoin word ‘n kripto-muntstelsel genoem omdat dit gebruik maak van openbare-sleutel kriptografie vir sekuriteit.

Gebruikers kommunikeer betalings per digitale getekende boodskappe vir die oordrag van Bitcoins eienaarskap van een eienaar na ‘n ander. ‘n Gedesentraliseerde netwerk van spesialiteitsrekenaars verifieer en tydstempel alle transaksies met behulp van ‘n bewys-van-bewerking stelsel. Die operateurs van die rekenaars, bekend as “prospekteerders” (miners in Engels) word vergoed met transaksiefooie en nuut gemunte Bitcoins.

Die stelsel word verder ondersteun deur ‘n openbare transaksie-grootboek en puntestand logboek bekend as “blockchain” (stringblok), wat die nuutste stand van Bitcoins per eienaar aantoon, asook die inligting van alle vorige transaksies en die deelnemers daaraan. Deur rekord te hou van alle transaksies in die stringblok word dubbele transaksies verhoed, aangesien ‘n Bitcoin wat spandeer is nie meer aan die vorige eienaar behoort nie.

Die ingewikkelde kontrolestelsel word bedryf deur ‘n netwerk van rekenaars met ‘n program wat die kriptografiese inligtingsprobleem (“puzzle”) vir die vaslegging van data in die stringblok (Blockchain) oplos.

Gebruikers wat rekenaartyd spandeer om die blokstring in stand te hou word “myners” genoem (Engels “miners”); ‘n gepaste woord sou ook prospekteerders kon wees) omdat hulle met Bitcoins vergoed word as hulle eerste is om die probleem (“puzzle”) op te los.

ʼn Metode vir verkryging van Bitcoins word moontlik gemaak deur die genoemde probleemoplossing (Engels “puzzle solving”). Die wiskundige berekenings deur die myners se rekenaars is nodig om elke transaksie te verifieer as geldig en die inligting dan in die stringblok (“blockchain) te plaas.

Deurdat daar steeds meer Bitcoins in omloop kom word die probleemoplossing in die mynproses al hoe ingewikkelder en suksesvolle oplossings al hoe minder. By die uitreiking van 21 miljoen Bitcoins sal verdere uitreiking gestop word. Daar is tans ongeveer 12 miljoen Bitcoins uitgereik. Deurdat nuwe prospekteerders toetree in ‘n poging om ook Bitcoins te bekom word daar ‘n al hoe hoër vlak van tegnologie ingespan.

‘n Nuwe gebruiker kan aan die munteenheid deelneem deur ‘n Bitcoin beursie (“wallet”) op die internet te installeer, wat die eerste Bitcoin adres sal skep. Daar kan daarna addisionele “beursies” geskep word wanneer dit benodig word. Wanneer ‘n “beursie” opgebruik is verval dit; ‘n beursie kan normaalweg net een keer gebruik word.. Die Bitcoin adres kan aan vriende verskaf word om jou te betaal en omgekeerd. Dit is dus vergelykbaar met die gebruik van e-pos.