Nuus uit die kantoor - 18 Januarie 2019

 

Hier is ek weer met 'n kort oorsig of vertel of wat ookal jy dit wil noem.

Daar is nog nie veel nuus nie - die jaar is mos maar nog 'n embrio of hoe?

Ons is aan die hardloop - en ons vat maar steeds net hier en daar grond.

Ons eerste onderhoud het kom kuier by Overvaal - Mariska het van haar nuwe album kom vertel.

Piet en Hanlie het met haar gesels.

 

 

 

Ons verwelkom ook nuwe adverteerders by ons op die lug hierdie maand. Die mense wat ons op die lug hou!

Ons eerste buiteuitsending is reeds volgende Maand. Bruidsfees - kom kuier saam met ons!

Daar is nuwe dinge op die horison vir ons. Ons gaan vir Jacques Smit groet na 23 jaar van deel wees van die stasie. Ons gaan vir Jacques mis - maar ons gun hom die nuwe pos wat oor sy pad gekom het.

Hanlie - trou volgende maand - sy verlaat darem nie die stasie heeltemal nie. Ons is dankbaar daaroor.

Ons kry nuwe kollegas wat by Overvaal Stereo gaan kom aansluit. Ons sal later meer daaroor vertel. Maar ons is opgewonde! Ek weet julle sal ook wees.

Ons het hier in Viljoenskroon ook hartseer beleef met die afsterwe van Neil Kruger, die seun van Kaptein Werner Kruger van die Viljoenskroon SAPD. Neil was maar net 25 jaar oud. Die nuus het ons dorp geskok. Ons bede is by Werner en Ina. Hulle seer is die dorp se seer. Ons is bevoorreg om in 'n boere gemeenskap te wees - hier is ons nog een. Heeltemal anders as in die groot stede.

Daar was nog twee inwoners van ons dorp wat dieselfe dag afgesterf het asook die week voor dit, Drikus - hy was maar 34 jaar oud. En die les wat ons leer - leef elke dag of dit jou laaste dag is, want ons weet nie wat bring more nie! Sterkte aan almal wat geraak is.

Ons het goeie reën gehad. Ons is ongelooflik dankbaar! Bid steeds vir elke boer wat moedeloos staan waar die reën nie val nie.

Ons berig breedvoerig oor die Elana Barkhuizen sage van Schweizer-Reneke op ons facebook blad.

Stilfontein Hoërskool hier in ons uitsaai gebied het ook deur geloop. Dit laat mens verbysterd, want waarheen is dinge in ons land oppad? Hoe lank sal die verwoesting aanhou? Die intimidasie. Die onreg!

Sluit gerus by ons facebook blad aan en lees alles daar.

Het jy al ons "app" afgelaai? As jy nie het nie - doen dit! So kan jy ons oral saamneem en altyd na jou gunsteling stasie luister. Kry hom vandag nog!

Nou daar groet ek eers.

Dankie vir die besoeke aan die webwerf. Lekker om te sien hoe julle saam lees.

Kontak my gerus met voorstelle - ons hoor graag wat julle sê. Stuur jou e pos na ignaz@overvaalstereo.co.za

Tot 'n volgende keer...
Hou dit Afrikaans.

Ignaz