OK Potchefstroom

Overvaal Stereo het die voorreg gehad om by die nuwe OK Foods in Potchefstroom te gaan kuier!

Joan en haar span het die heeldag pryse en geskenke uit gedeel, die mense met ope arms ontvang en net die nuwe winkel gevier saam met Jaco, Ignaz en Martin.

Die inwoners van Potchefstroom was vriendelik en het kort kort van nader kom kennis maak.

Gaan besoek gerus die nuwe winkel, groter, beter en met soveel meer! Daar kry jy nou letterlik van alles.

Hier is 'n paar fotos van Overvaal Stereo se kuier daar.