One Voice

Vandag 5 November het One Voice by ons kom kuier in die atljee.

Hulle het met Jessie Lange gesels oor hulle debuut-album waarop DROOMPLANEET ook verskyn, die debuut album bestaan uit nege lekkerluister-liedjies.

Al vier beeldskone jong dames het vir ons kom kuier die groep bestaan uit: Kalinka Kilian, Carla Strauss, Karma Coetzer en Janke Bester.

Hulle het vir ons kom vertel oor wie hulle liedjies skryf asook hulle self so bietjie voorgestel.

Hulle is nog jonk en lekker jonk van gees.

Die vier jong dames ken mekaar nog glad nie so lank nie, maar met hierdie vier unieke stemme het hulle baie potensiaal so bymekaar.

Hulle vertel ook dat hulle groot drome het vir hulle groep en dat hulle inspirasie ook kry by ander musikante soos Little Mix, Ffth harmony en Shine 4.

Maak nie saak waar nie hulle tree orals op.

Ons wens vir hulle alle sterkte toe en dat hulle nog baie suksesvol sal wees in die musiek bedryf.