Riaan Benade

Op die 26 ste November 2019 het Riaan Benade vir ons in die Ateljee kom kuier.

Hy het met Jaco de Waal kom gesels oor sy enkelsnit #HelpendeHande.

Riaan benade het self die liedjie geskryf asook gesing.

Hy sê ook toe hy hierdie liedjie geskryf het dat hy baie aan die bybelse verhaal gedink het.

Benade sê sy doel met helpende hand was dat mense hulle harte moet oopmaak asook om te help waar hulle kan al is dit net n klein bietjie.

Hy hou daarvan om liedjies te skryf wat gereedskap in mense se hande sit en wat mense hoop gee.

Ons wens vir hom alle sterkte toe met sy projekte en met sy musiek loopbaan.