Die Rypmaakkamer, produksie begin in Johannesburg

Overvaal Stereo 96.1fm se Ignaz Streicher en  Jaco de Waal ,het Lefra Produksies se nuwe produksie , Die Rypmaakkamer, gaan bywoon. Die produksie se naam moet jou nie om die bos lei nie!

Dit speel af in 1944's. Sewe mans word vir die dood agter gelaat en in 'n kelder toegesluit. Alles gaan oor oorlewing en tot waar dit ons sal druk.

Akteurs soos Zack Mtombeni verras met die vertolk van sy rol en speel tot op die been. Zack was jare te sien in Binnelanders as Peter.

David Konrad is ook deel van die akteurs, hy is nie die gewilde "Dr . Herman du Preez" wat hy in Binnelanders was nie.

Nathan Hammond is nuut en vars op die verhoog en speel sy hart uit in hierdie produksie en het geen probleem met oortuig nie.

Mauritz Badenhorst kom in sy rol sterk en soms vreesloos oor.

Die cast bestaan uit Sewe akteurs en die produksie kan gesien word by die Mark Teater, Johannesburg van 11 tot 30 Junie.

Teks en regie is behartig deur Frans Swart en die skrywer is David Ian Lee.

Hier is 'n paar fotos wat ons geneem het na afloop van die openingsaand vertoning.