Verona

Die 26 ste November 2019 het Verona by ons kom kuier in die Ateljee.

Sy het met Jaco de waal kom gesels onder andere oor haar enkelsnit #VerloorMyselfInJou.

Sy het spesiaal van Meyerton af vir ons kom kuier.

Sy sê ook VERLOOR MYSELF IN JOU is ’n pragtige liefdesliedjie wat gaan oor daardie wonderlike gevoel in jou hart wanneer jy verlief en verlore is en ook oor hoe spesiaal dit is wanneer jy ontdek dat dit ware liefde is.

Volgens die kunstenaar, was albei haar vorige enkelsnitte meer motiverend van aard en het sy besluit dat die tyd ryp is om ’n opbeurende liefdessnit met luisteraars te deel en die reaksie was sover baie positief.

Sy het ook aan The Voice SA deelgeneem  sy het die beoordelaars beïndruk met haar hartroerende weergawe van Avril Lavigne se Head Above Water tydens die blindeoudisies.

“The Voice SA was ʼn ongelooflike ervaring sê sy. Al het sy net tot by die uitkloprondtes gevorder, het dit my lewe totaal en al verryk. Sy het so baie geleer, lewenslange vriende gemaak en my kennis oor die musiekbedryf verbreed,” sê sy. “Ek hou daarvan om nuwe uitdagings aan te pak en uit my gemaksone te klim. As jy dit nie gereeld doen nie, groei jy nie. So nou pak ons die volgende fase volstoom aan.”

Ons wens vir haar ook n blink toekoms vorentoe vir haar musiek loopbaan en vir dit wat sy nog alles wil beryk.