Ontmoet ons
Omroepers en Personeel
Ignaz Streicher
Ignaz Streicher is gebore en groot geword in lerksdorp Noord-Wes. Die jongste van 3 kinders van Piet- en Rika Streicher. Ignaz se passie buiten radio is plante. Hy is nou 17 jaar in die uitsaaiwese en 17 jaar deel van Overvaal Stereo. Ignaz is tans ‘n Omroeper, Bemarker, Nuusredakteur, Hoof van projekte en bestuurder by Overvaal Stereo. Sy motto is –“Dans as die ander sit en kyk en moet nie wag vir die magic om te gebeur nie, maak eerder self magic”.
Melanie Von Steen
My naam is Melanie Albrecht nee Von Steen. As een van vier kinders, almal in die ou Moedersbond in Pretoria gebore, het ek selde kans gekry om te praat. Deesdae kry ek meer geleentheid. As gevolg van my Pa se werk het ons baie getrek. George bly egter my hartland . Op die oomblik woon ek in Viljoenskroon. My lewe vind eerstens betekenis in my kinders, daarna in my volk en alles wat dit, deur God se genade insluit. Ek is vandat ek kan onthou n versamelaar. My Afrikana-boekversameling wat oor die Tweede Vryheidsoorlog handel is my trots. My Passie is om met oorgawe te lewe. Dankbaar te wees vir talente. Waardering te hê die gawes wat ek kan uitleef. Radio is in my bloed. In Februarie 1994 het ek by Radio Koppies begin uitsaai en op drie jaar na is dit nog steeds een van my groot vreugdes om agter die mikrofoon in te skuif. Veral wanneer ek die Woord kan bedien. Tans is ek omroeper by Overvaal Stereo en doen ek ook bemarking. Wat 'n voorreg om op die manier in diens te wees. Gaan in Sy Vrede. Mooiloop.
Martin Havenga
Martin Havenga is gebore in in kroonstad, Hy is van Viljoenskroon in die Vrysaat en groot geword in Viljoenskroon en woon al tans 38 jaar in Viljoenskroon. Hy is ook die oudste van 4 seuns, Hy is al 18 jaar indiens by Overvaal Stereo en Tegniese bestuurder. Sy Passie is vir die natuur, hou van fotos neem en Hy het groot passie vir nuwe tegnologie “Gatgets”. Kort leuse- Maak ‘n besluit vandag om elke oggend op te staan en opgewonde te wees oor die verhouding wat jy met jou Verlosser het. Stig jouself op en leef in verwondering oor Hom en niemand anders nie!
Jessie Lange
Jessie Lange is van die Noord-Wes kontrei en het haar daar groot geword. Sy is die oudste van twee kinders. buiten ‘oor die lug-golwe’ is die ander passie om weer haar ‘eie musiek van vooraf te her-ontdek’. Jessie is al sowat 12-jaar in die uitsaaiwesse en 10 jaar gelede as omroeper by Overvaal Stereo aangesluit. Haar leuse in die lewe: ‘ Pak elke dag aan...eendag op ‘n slag ...en maak die beste daarvan’.
Jacques Smith
Jacques Smith is gebore op 1 Aug 1976. In 1994 matriekuleer hy aan Hoërskool Parys.
Sy loopbaan in radio het begin September 1995 toe hy by die destydse Radio Koppies se span aangesluit het.
In 2018 verlaat hy Overvaal Stereo maar is deesdae 'n vryskut omroeper op Saterdae in sy Program Wat Pomp tussen 09h00 en 13h00.
Sy motto is AS DIE GELEENTHEID HOM VOORDOEN, GRYP DIT MET ALBEI HANDE.